At's Drama Studio / Ateljee


Go to content

Drama Afdeling

Departments


Die ateljee bied professionele drama klasse aan. Ons is 'n geregistreerde ateljee met gekwalifiseerde afrigters. Die ateljee vier sy 28ste verjaardag hierdie jaar.

Ons noem graag 'n paar aspekte wat onderrig word:

  • Spraak
  • Grimeerkuns
  • Radio en TV werk
  • Kunswedstryd
  • Beweging
  • Kreatiewe denke
  • Advertensie werk
  • Storie bou
  • Mimiek kuns
  • Karakterisering
  • Selfvertroue / Persoonsontwikkeling
  • Toneel kuns


Die ateljee bied klasse tans aan vir sowat 370 leerlinge. Klasse word aangebied by die Teater, te Marylone Mall, vanaf ouderdom 3 jaar tot op volwasse vlak, of by u kind se skool.

Beskrywing

Duur van klas

Registrasie fooi

Kwartaal / Maandelikse fooi

Kleuterskole

1/2 uur

R70.00

R360.00 / kwartaal

Laerskole

1 uur

R70.00

R540.00 / kwartaal

Hoërskole

1 uur

R70.00

R540.00 / kwartaal

Volwassenes - Kreatiewe drama

 

R70.00

R180.00 / maand

Volwassenes - Teorie klasse

   

R150.00 / maand

Volwassenes - Spraak onderrig

   

R120.00 / maand

TECA - The Entertainer Casting Agency 6 ure - R650.00 (eenmalige fooi)


  • Sertifikaat in Toneel Kuns - voltydse kurses vir 18+ jaar (besonderhede op aanvraag, kontak asb. At Strydom)


Daar word geen klasse aangebied tydens skoolvakansies nie. Studente wat deelneem aan produksies oefen wel gedurende skoolvakansies. Na 'n vakansie, begin die klasse weer op die dag wat die skole begin.

Die skoolgaande leerlinge kry vorderings verslae aan die einde van elke jaar sowel as sertifikate en medaljes. Kleuters kry 2 verslae jaarliks. Daar word ook trofees uitgegee vir bepaalde prestasies. Leerlinge word deurlopend geevalueer en word dan verwys na ons Agent vir verdere televisie opleiding en moontlike optredes vir televisiewerk. Ons is een van die ateljees wat die meeste sukses behaal met kinder-televisiesterre.

Drama bou selfvertroue, help met spraak, ontwikkel kreatiewe denke en konsentrasie.

Help ons om weer kultuur in ons land wakker te maak en geniet professionele opleiding in 'n gemaklike atmosfeer. Ons hoop om sommer 'n klomp van julle te akkommodeer.

Drama inligting 2011



Back to content | Back to main menu